29 Sep 2012 | Hanlie Retief | Rapport
Amen.
Dis Tony Leon se antwoord op Barney Pityana se kaalvuis-tirade die afgelope week teen die ANC as ’n onverantwoordelike regering “sonder enige kollektiewe intelligensie om te verstaan wat gedoen behoort te word”.
Hy lag so ’n bietjie daarvoor, sê Tony oor ’n dowwerige telefoonlyn uit Buenos Aires.
“Toe ons ander dit gesê het, was ons morele en politieke uitgeworpenes. So, mnr. Pityana: Ek weet wat jy van mý gesê het ’n paar jaar terug. En jy’t Dennis Davis ’n rassis genoem oor jy nie met hom saamgestem het nie.
“Nou’s jou kritiek op die regering veel erger.”
Dié oud-DA-leier se drie ambassadeursjare in Argentinië het hom dalk ’n staatsman en diplomaat gemaak, maar al die bankette en seremonies kon die “Veg terug” in Tony allermins blus.
“Ek dink die stemming in Suid-Afrika het die laaste paar jaar verander. Ek was destyds ’n stem in die wildernis en in baie gevalle is ek reg bewys. En nou?
“Die hele Suid-Afrika is nou in fight-backmode.”
Die joernalis Justice Malala skryf in 2007: “Hy (Tony Leon) was openlik krities toe baie net in fluisterstemme gepraat het.”
Ná seker 200 afskeidspartytjies (“die Argentyne gaan groot met dié soort goed”) was dit vir Tony en Michal Leon dié naweek “adios Argentinië” in ’n SAL-vliegtuig op pad huis toe. In die romp was ’n aangenome Argentyn, die worshond Julio, nadat hul geliefde Jemima haar einde teëgekom het in ’n dammetjie oorkant die Leons se dakwoonstel in Buenos Aires.
So, vra ek hom, kry Suid-Afrika ’n ander Tony Leon terug as die een wat pres. Zuma drie jaar terug Argentinië toe gestuur het?
“Gawer, sagter, meer diplomaties? Nee. My nommer-twee by die ambassade sê hy ken nou óók my ekstreme vlakke van ongeduld!
“Kollegas en ander ambassadeurs het nogal gesê ek’s ’n vars bries, seker oor ek presies sê wat ek dink.”

Hy’t darem niks onbesonne aangevang nie, skerts Tony, maar die seremoniële
rituele van diplomasie kan erg vervelig raak. Soos die keer toe hy ’n minister
na afgeleë Jujuy vergesel. Alles was laat – die vliegtuig, die ete wat eenuur die
nag begin het. Al wat vinnig was, was die Spaans.
Halfvier het hulle gaan slaap om sewe-uur weer te begin met seremonies ... “Terug in Buenos Aires het ek gewonder: Is dit nou wat dié job behels?”
Dan byt Tony maar op sy tande en hou die SA vlaggie hoog.
Die Buenos Aires Herald, Suid-Amerika se oudste Engelse koerant, het laas Sondag in ’n lang artikel spesifiek verwys na Leon se transformasie van doemprofeet tot rasieleier ... en watter fyn balans hy kon handhaaf tussen die openbare en private sektore.
Al was dit net drie jaar, het sy ambassadeurskap hom ingrypend verander: “Profoundly.”
Toe Zuma hom die pos aangebied het, het Zuma gesê dis belangrik dat ook nie-ANC-lede Suid-Afrika se gesig na die wêreld word.
“Mooi woorde, maar toe ek oor daai ambassade-drempel tree, hét ek gewonder hoe ek dit gaan regkry, want ek verteenwoordig skielik ’n regering waarmee ek nie saamstem nie. Maar ek moet sê, dit was nie een keer ’n probleem nie, wat net weer bevestig het: Daar’s ’n wêreld se verskil tussen die belange van ’n land en dié van ’n party. Ek het nooit ’n krisis van gewete beleef nie. Bygesê, ’n ambassadeurskap in Harare of Tel Aviv sou ’n heel ander storie gewees het.”
Daar’s ook dinge wat nié vir Tony verander het nie.
Soos sy twee linkervoete. Drie jaar in Buenos Aires en señor Leon tango stééds nie. “Ek kon skaars dans op my troue. Maar ek het darem 27 tango-vertonings saam met gaste deurgesit.”

Tony Leon with the President of Argentina - Cristina Fernández de Kirchner |
Ná al die Argentynse asado’s is die Leons ook vir eers klaar met rooivleis. As jy vir ’n Argentyn ’n bord kos gee sonder beesvleis tel dit nie as ’n ete nie, grap hy. “Dis seker nie ’n gewilde ding om te sê nie, maar asado’s is in ’n ander liga as ons braaie. Elke stukkie vleis word opgedien sodra dit gaar is. Dis heerlik, jy eet bietjies-bietjies, en ná die tyd voel jy soos ’n luislang.”
Tony is byna klaar met sy nuwe boek, The Accidental Ambassador – From Parliament to Patagonia.
“Hoe sê hulle? As jy dit nie geskryf het nie, het dit nie gebeur nie. Dis lig en humoristies en vertel hoe ek en Michal so half- toevallig deel geword het van hierdie geheime gilde van diplomate en ons interaksies met al die hoëkop-gaste uit Suid-Afrika.”
Hy skryf oor hoe hy ’n vlieg op die muur was een nag toe oudpres. F.W. de Klerk en pres. Cristina Kirchner ’n 40 minute-gesprek gehad het.
“Dit was ’n maand ná haar man (die vorige president, Néstor Kirchner) se dood en ek moes notas maak.”
In die boek raak Tony glo erg krities oor Kirchner se ekonomiese beleid. “Argentinië se onortodokse ekonomiese beleid is geen geheim nie en dit kom onder skoot, maar meer wil ek nie nou sê nie. Ek’s nog ambassadeur vir ’n paar dae,” wikkel hy hom sjarmant daaruit.
“Middelorde-lande soos ons en Argentinië moet maar die ekonomiese wêreld se reëlboek volg, anders kry jy pak.”
Hy’s ook allermins die eerste eks-ambassadeur wat kritiek het op sy gasheerland. Hy noem die voorbeeld van Christopher Meyer se omstrede memoirs ná sy tyd as Britse ambassadeur in Amerika in die dae van Blair en Bush.
“Deel van ’n ambassadeur se werk is om krities te wees. Min. Maite Nkoana-Mashabane het altyd vir my gesê: ‘Moenie vir my die goed vertel wat ek op CNN kan sien nie.’”
Tony stem saam met Zuma se onlangse erkenning dat Suid-Afrika se aansien in die buiteland afneem.
Toe hy die TV-beelde van die Marikana-slagting sien, kon hy dit nie glo nie. “Ek het gedink ek kyk na iets uit die 1960’s. Bygesê, hier langsaan in Brasilië is 120 mense in ’n tronk-opstand dood.
“Sulke dinge gebeur oral. Destyds, met Boipatong, het die hele wêreld nog ’n belang gehad het in ons nuwe demokrasie. Nou’s ons maar net een van baie lande en as iets soos Marikana gebeur, moet ons weet: Die wêreld se welwillendheid, en ons morele kapitaal, raak op.”
’n Piesangrepubliek, noem Julius Malema Suid-Afrika – nogal ’n term met sy oorsprong in Suid-Amerika. Nee, sê Tony, ons is veel eerder ’n vrugteslaai “met goeie én vrot vrugte – waarvoor Malema maar net in die spieël hoef te kyk”.
Toe Juju almal vroeër vanjaar op hol gehad het, twiet Tony twee reëls uit ’n Yeats-gedig: “The best lack all conviction, while the worst are full of pas- sionate intensity.”
Ja, lag hy nou daaroor: “Ja ... Yeats ... Thabo Mbeki se digter, nou van toepassing op Malema!”
Ernstiger: As daar een ding is wat hy graag wil doen, is dit om jong Suid-Afrikaners te oortuig dat politiek ’n edel, ordentlike beroep kan wees. Nié laelewe nie.
Jong leiers moet buite die partypolitieke konteks ontwikkel word – iets wat sy tyd (“een van die beste van my lewe”) by die Harvard-universiteit se John F. Kennedy School of Government by hom ingeskerp het.
Michal and Tony Leon in the historical Cordoba, Argentina |
Die “konteks van daardie tyd”, sê hy, was die greep van die ANC op die swart stem en ’n versplinterde opposisie. “Ons moes eers ons posisie konsolideer. As ons dit nie gedoen het nie, het die DA nie nou bestaan nie.”
En wat lê in Tony se toekoms?
Weer partypolitiek? Die toespraak-rondomtalie soos sy naamgenoot Tony Blair?
“Nee, nie partypolitiek nie. Die DA én ek het aanbeweeg. Ek sal altyd in die opposisie bly, maar mens kan kreatiewe dinge doen sonder om ’n party-banier te swaai.”
Daar wag ’n Business Day-rubriek, lesings, iets in die sakewêreld. En, altyd, ’n kritiese oog.
In die SAL-vliegtuig dié naweek sal Tony Leon vele hoogtepunte onthou uit die land van Peron en die Pampas. Sy besoek aan die boere-gemeenskap in Patagonië en dié se versugting na ’n Afrikaanse onderwyser; die première van Invictus met Joost van der Westhuizen se “fantastiese toespraak” wat 300 oud-Pumas laat trane sluk ...
Die handelsgroei tussen die twee lande, “iets waarop ek gefokus het, het gegroei tot meer as R1,3 miljard”.
“Toerisme van Argentinië na Suid-Afrika het in een jaar met 122% toegeneem.”
Mens waardeer glo eers jou eie land as jy in ’n ander een gaan bly – en so was dit met Tony Leon.
“Toe ek weg is ná 20 histeriese jare in die politiek, moes ek afstand kry, ons land leer waardeer sonder agtergrondgeraas.”
Hierdie drie jaar, sê Tony, het net weer bewys: Daar’s niks verkeerd in Suid-Afrika wat nie reggemaak kan word deur die dinge wat rég is nie.
“My oë het hier oopgegaan.”
Amen, Tony.
No comments:
Post a Comment